Albert Einstein

Albert Einstein FRS (14 Maart 1879 – 18 April 1955) was 'n teoretiese fisikus wat wyd as die grootste wetenskaplike van die 20ste eeu beskou word. Hy het die relatiwiteitsteorie voorgestel en groot bydraes tot die ontwikkeling van kwantummeganika, statistiese meganika en kosmologie gemaak. Hy is in 1921 die Nobelprys vir fisika toegeken vir sy verduideliking van die fotoëlektriese effek en "vir sy diens gelewer aan Teoretiese Fisika". Na die formulering van sy algemene relatiwiteitsteorie word Einstein wêreldberoemd, 'n ongekende eer vir 'n wetenskaplike. In latere jare het sy beroemdheid bo enige ander wetenskaplike in die geskiedenis uitgestaan, en in omgangstaal is Einstein sinoniem met iemand van baie hoë intelligensie of die grootste genie. Sy gesig is ook een van die mees herkende in die wêreld. In 1999 is Einstein as "Persoon van die Eeu" deur Time Magazine benoem. Hierdie populariteit het ook gelei tot die wye gebruik van Einstein in advertensie en bemarking, en sluit selfs die registrasie van Albert Einstein as 'n handelsmerk in. 'n Eenheid in fotochemie, die einstein, sowel as die chemiese element einsteinium en die asteroïede 2001 Einstein is ter ere na hom vernoem.


Developed by StudentB